Koning Fahd-beker in 1992

Koning Fahd-beker
كأس الملك فهد 1992
Toernooi-inligting
Gasheerland Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië
Datums 15 – 20 Oktober
Spanne (van 4 konfederasies)
Stadions (in 1 stad)
Finale uitslag
Kampioene Vlag van Argentinië Argentinië (1 titel)
Tweede plek Vlag van Saoedi-Arabië Saoedi-Arabië
Derde plek Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vierde plek Vlag van Ivoorkus Ivoorkus
Toernooi-statistieke
Wedstryde gespeel 4
Doele 18 (4.5 per wedstryd)
Bywoning 196 500 (49 125 per wedstryd)
Meeste punte Vlag van Argentinië Gabriel Batistuta
Vlag van Verenigde State van Amerika Bruce Murray (2 doele elk)
Beste speler Vlag van Argentinië Fernando Redondo
1995

Die Koning Fahd-beker in 1992 (Arabies: 1992 كأس الملك فهد; Engels: King Fahd Cup) is van 15 tot 20 Oktober 1992 in Saoedi-Arabië aangebied en genoem na koning Fahd bin Abdoel Aziz al-Saoed. Dit was die eerste keer wat die sokker-konfederasiebeker onder die naam Koning Fahd-beker aangebied is, nadat dit en die daaropvolgende 1995-toernooi terugwerkend deur FIFA as Sokker-Konfederasiebekertoernooie erken is.

Die Koning Fahd-trofee waarom meegeding is

Net drie kontinentale sokkerkampioene het koning Fahd se uitnodiging aanvaar en saam met die gasheer Saoedi-Arabië aan die toernooi deelgeneem. Vervolgens het dié toernooi oor geen groepfase beskik nie en regstreeks met die uitklopfase afgeskop. Argentinië het die toernooi gewen nadat hulle die gasheer Saoedi-Arabië met 3–1 in die eindstryd geklop het; die gasheer het daarmee die eerste Asiatiese span geword wat die eindstryd van ’n interkontinentale sokkertoernooi gehaal het. Die Verenigde State het in derde en Ivoorkus in die vierde en laaste plek geëindig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search